Wie kort krag vir die weermag?

Wie kort krag vir die weermag?

Vir die troepe van vervloëtyd, onthou julle nog hierdie goeie dae.

Wie kort krag vir die weermag?

435994_130405182720_byt

LIEWE Ma en Pa,

Dit gaan goed met my en met julle?
Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baie lekkerder is as om vir Oom Piet te werk. Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word. Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap. Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goed blink te vryf. Niks’e ge…-varke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout kappery nie.

Jy doen amper niks!

Die manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daar’s warm water. Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterk op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek. Maar sê vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net op koffie leef, gaan sit. Hulle kos, plus joune hou mens darem vol tot twaalfuur toe wanneer jy weer gevoer word.

Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie. Ons gaan op roete marse, wat ons sal taai maak, sê die Sersant. As hy so dink is dit mos nie my plek om hom reg te help nie. ‘n Roete mars is omtrent so ver soos tot by ons posbus by die huis. Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons almal ry dan terug in lorries.

Die veld is mooi, maar baie plat. Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor. Ek bly medaljes kry vir skiet. Ek weet nie hoekom nie. Die bulls-eye is net so groot soos ‘n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie. En dit skiet nie eers terug soos daai Venter’s van die buurplaas nie. Al wat jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet. Jy hoef nie eers jou eie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.

Dan is daar wat hulle noem “hand-to-hand combat training”.
Jy stoei met die dorpsjapies van die stad af. Ek moet versigtig wees, want hulle kry maklik seer. Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie. Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peleton het, behalwe vir Groot Jan Jordaan van die Bosveld. Hy het saam met my aangesluit. Maar ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik 150kg, droë gewig.

Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander mense uitvind van die ongelooflike Army setup en aangestorm kom!

Julle liefdevolle dogter Saartjie!

Tags: