Waaraan dink jy spandeer vroue

Waaraan dink jy spandeer vrouens 43 weke van hulle lewe?

“Net vyf minute dan is ek klaar, liefie!” Hoeveel mans het dit nie al gehoor nie. Vir mans is dit miskien `n frustrasie as vrouens lank neem om klaar te kry, but a woman’s got to do, what a woman’s got to do!

Waaraan dink jy spandeer vroue

Volgens die tydskrif Marie Claire spandeeer `n vrou 91 ure altesaam in `n jaar om reg te maak, dit sluit nou in wat hulle gaan aantrek asook die proses van grimering en hare doen. Dit kom neer op 43 weke in `n vrou se leeftyd!

via GIPHY

In kontras met hierdie stelling het Babble.com gevind mans neem maar net ongeveer 7 minute om vir `n dag klaar te maak. Dit is `n redelike groot verskil teenoor vrouens, maar sekerlik nie `n skok vir die meeste van ons nie.

via GIPHY

Hoekom doen vrouens dit dan en hoekom raak mans so geïrriteerd as hulle laat is? Mans kan sekerlik nog so ‘n bietjie voor die televisie ontspan en hul geliefde sport kanale deurkyk totdat sy vrou klaar is? Dit is ook veronderstel om die moeite werd te wees want sy wil jou tog beïndruk.

Wat mans in elk geval nie weet nie is dat vrouens al hoe langer gaan besig wees as hulle aangejaag word. Dit is miskien die kruks van die hele situasie, but hey, it’s a womans world my friend.

via GIPHY

Die rede hoekom vrouens lank neem om klaar te maak kan dalk aan hul uitrusting-keuses toegeskryf word. As julle beplan om die aand uit te gaan moet daar sekerlik `n gepaste uitrusting gekies word. Van hierdie uitrustings is nog nooit gedra nie, so dit moet eers aangepas en uitgetoets word. Dit vat maar `n tydjie. As daar op die uitrusting besluit is kan die vrou eers na haar grimering en hare beweeg, nadat daar gestort en geskeer is natuurlik.

via GIPHY

Daar is ook `n groot verskil as dit kom by spesiale geleenthede. Navorsing het gevind vrouens vat meer as `n uur en `n half om klaar te maak vir spesiale geleenthede. Dit is nou soos troues of eind-jaarfunksies.

Volgens ABC Sacramento wil vrouens mooi lyk vir hulself en hul romantiese maats maar ook vir ander vrouens. Die gesegde “girls dress up to out-dress other girls” moet sekerlik van iewers af kom?!

Die feit dat vrouens se vyf minute altyd langer gaan wees omdat hulle nog nie met die mooimaak-proses klaar is nie , is miskien iets wat mans nooit gaan verstaan nie. Dit is heelwaarskynlik maar dieselfde soos wanneer `n man sê hy gaan oor vyf minute by die huis wees… en heelwat later eers opdaag!

via GIPHY

Hoe voel jy as jy aangejaag word om klaar te maak vir `n aand uit?

 

Hooffoto: Shutterstock.com