Hoekom hou vrouens van bad boy

Man with womans hands touching his head.

Hoekom hou vrouens van bad boys?

Dit is iets wat nog nooit verduidelik kon word nie. Bad boys is miskien baie aantreklik vir die vroulike geslag maar word ook soms as onbedagsame en arrogante skarminkels bestempel.

Hoekom hou vrouens van bad boy

Man with womans hands touching his head.

Televisie programme, verskeie leesstof en flieks het altyd die bad boy karakter teenwoordig wat vrouens nie kan weerstaan nie.  Vat vir Damon Salvatore van Vampire Diaries, wie op aarde hou nou eintlik van sy boetie, Stefan? Nee, almal droom van Damon. Selfs goody-two-shoes Elena het hom gekies.

Vrouens het die geneigdheid om die goeie ou in die hoekie te los en die bad boy te jag. Is dit omdat hulle soek wat hulle nie kan kry nie of omdat dit baie uitdagend is?

Die webtuiste The Problem is Men het oor die 500 vrouens gevra hoekom hulle juis `n skobbejak van `n man wil hê.

Carole Lieberman, `n kliniese sielkundige en outeur van Bad Boys: How we love them, how to live with them, when to leave them het gesê die groot rede vir vrouens se aangetrokkenheid tot bad boys het hoofsaaklik te doen met ‘n vrou se verhouding met haar pa.

“Toe sommige vrouens klein was, het hulle dalk die idee gekry dat hulle nie goed genoeg is vir `n prins nie. So, hulle soen baie padda’s. Ander kwessies kan ook in konsiderasie geneem word, maar dit is meestal oor die verhouding met hul pa’s.”

Hierdie ander kwessies het The Problem Is Men opgesom in drie kategorië. Hiermee het vrouens gesê hoekom hulle regtig van bad boys hou.

Seks was heel bo aan die lys.

Dit stem ooreen met `n studie van 2007 wat deur die University of Michigan’s skool van publieke gesondheid gedoen is. Hulle het bevind dat manlike kenmerke (soos baarde en gedefinieerde kakebene) baie te doen het met vrouens se aangetrokkenheid tot die mans wat as bad boys geklassifiseer word. Hierdie mans met ‘manlike’ kenmerke was ook gevind om reguit te wees, geneig om te wil baklei en om baie uitdagend te wees. Die mans met sagter kenmerke was gevind om eendag beter ouers en emosionele maats vir `n vrou te wees.

Toe die vrouens gevra is om te kies met wie hulle sal wil slaap, het hulle steeds dié met manlike kenmerke gekies.

Die uitdaging is `n adrenalien stormloop.

Die moontlikheid dat jy as vrou hom kan verander in `n goeie gesins-gedrewe man is `n groot uitdaging en skep baie opgewondenheid vir `n vrou, het The Problem Is Men verder berig.

Die opwinding!

Om iets anders as die norm te doen (of teen jou ouers se toestemming) was `n groot motiverende faktor in die studie.  Vrouens soek daardie opwinding.

So beteken dit nice guys realy finish last? Seker nie altyd nie maar in die studie blyk dit om waar te wees.

“Die mag en invloed van die bad boy is miskien onvermydelik maar hopelik kan hulle hul kenmerke in goeie energie en dade omsit. Nice ouens maak dalk laaste klaar, maar hulle maak beslis seker die vrou kom eerste,” het die webtuiste afgesluit.

 Hooffoto: Getty Images